untitled

Waarheen gaan ons vandag?

Hov Pods sweef op ‘n lugkussing, oor die see, damme, riviere, grasvlaktes, moerasse, sneeu en ys. Hulle beweeg seepglad oor ‘n omgeploegde mielieland of ‘n klipperige rivieroewer. Ry sommer reguit oor die strand tot in die see, en jy hoef jou nie te bekommer oor die gety nie, hoogwater of laagwater is om’t ewe, en as daar nie water is nie, ry jy oor die sand. Hiasinte in die rivier, landmyne in die sand, sensitiewe fynbos? Geen probleem nie!  Jy sweef bo-oor soos in ‘n droom. Hierdie dingetjie gaan orals.  Draai maar net die sleutel en daar gaan jy.

.

 


Hierdie webblad is nog onder konstruksie, (ons vertaal nog kliphard)  maar kontak ons gerus vir meer inligting.

Kyk ook ons Engelse webblad by http://usahovercraft.com/mem/index.cgi?Wolf_

Professionele Taaldienste se webblad is http://protaal.bravehost.com

Hierdie webblad word ondersteun deur Texas Fishing:

Padre Island Fishing
We are the top rated fishing guide service in southern texas for the 4th year running! We service all of the beautiful laguna madre and beyond. Call us today to schedule your next big catch!

More than 7,500 boats
online to choose!
www.SailingEurope.com


   

    

 

Use your Snowmobile 4 summer fishing or as a golf cart? Classifieds for Free

Sê nou jy kon self  'n Skeertuig besit!

Wel, Miskien kan jy!

Die Hov Pod is ontwerp om dit maklik te maak om ‘n skeertuig vir ontspanning te besit.  Ons het sopas  die tegnologie na die mense gebring.  Tot dusver  was die meeste skeertuie goeters wat jy self moes aanmekaarsit of waarmee waaghalse reisies gejaag het.  Ons benadering is anders, ons fokus op maklike gebruik, betroubaarheid, duursaamheid, en veiligheid.  ’n Mens hoef nie ‘n kursus te doen om een te kan bestuur nie, en die Hov Pod  se ontwerp is so eenvoudig dat ‘n mens al die basiese metodes binne 10 minute kan aanleer. 

Wanneer jy ‘n Hov Pod-skeertuig sien, sal jy:

  • Verbaas staan oor hoe eenvoudig en maklik en vinnig  ‘n mens leer om die Hov Pod te gebruik.
  • Beïndruk wees met die Hov Pod™  se veelsydigheid en met wat ‘n mens alles daarmee kan aanvang.
  • Verslae staan oor hoe die tuig sommer direk van die land af op die water gaan, en weer terug, ongeag wat die gety ookal mag wees.   Dis nie nodig om in die koue water te loop om dit op jou sleepwa terug te kry, soos ‘n boot nie.  As jou sleepwa ’n vloer en ’n lang agterklap het, kan die skeertuig self ry tot bo-op die sleepwa.

Die Hov Pod Skeertuig kan ook gebruik word as:

  • ‘n Landingstuig vir ‘n vaartuig soos ‘n jag, vanwaar dit enige plek op water of aan land kan beweeg.
  • ’n Heeltemal anderse en  opwindende glip-en-gly speelding.
  • ’n Metode om al daardie weggesteekte en ontoeganklike plekkies te bereik waar niemand anders kan kom nie.
  • 'n Metode om ongeag die gety enige tyd van die dag of nag uit te vaar of vasmeerplekke te besoek.
  • 'n Unieke voertuig wat maklik oor alle tipes terein kan beweeg, bv moerasse, kuslagunes, strande met bedreigde fauna en flora, sandbanke, oorstroomde grond, rietruigtes, weggesteekte koraalriwwe, ysskotse, en selfs landmynvelde, ens.
  • 'n Ekonomiese voertuig vir redding-, opmeting-, patrollie- of inspeksietake.
  • 'n Rivier- en oewer-verkenningvoertuig of 'n hiasintbestryding-voertuig.
  • 'n Jag- of visvangplatvorm.
  • 'n Militêre sagtevel-nutsvoertuig vir leër- en vlootgebruik
  • Vir spanbou-aktiwiteite, avontuurkampe, huurritte, ens.

Hov Pod is ‘n ongelooflik veelsydige, hoogsopwindende, en aangrypend anderse soort voertuig.

Die Hov Pod word vervaardig in Southampton, England, deur Reaction International Ltd. Die Stigter en Besturende Direkteur van die firma, Peter Ward, het die firma in die jaar 2000 opgerig.                        

As marine-ingenieur het Peter baie eksotiese plekke besoek en altyd gewonder waarom niemand die skeertuig-nywerheid nog ooit aangewend het vir marine-ontspannigdoeleindes nie. Na etlike jare se marknavorsing maak hy die gevolgtrekking dat  hoewel daar verskeie boustelle vir skeertuie en spesiaalgeboude reisies-skeertuie bestaan, het niemand tot dusver nog ‘n skeertuig ontwerp wat voldoen aan die streng vereistes van die mark vir marine-ontspanning nie. 

Kopers van marine-ontspanningapparaat wil apparaat hê wat veilig is, maklik is om te gebruik, duursaam is, betroubaar is,  en gerugsteun word deur ’n handelaarsnetwerk wat Bykomstighede en onderdele aanhou en tegniese steun kan verskaf.

Die mark vir persoonlike vaartuie (bote) is yslik groot vergeleke by die mark wat tot dusver bestaan het vir skeertuie. Peter het hom dus ten doel gestel om die bekende probleme uit te skakel wat altyd aan skeertuie gekoppel word, byvoorbeeld die indruk dat alle skeertuie raserig is, moeilik om te stuur en te beheer, en dat hulle sommer net op die water stop (inploeg) en dan soms sommer sink ook!

Sy ontwerp moes dan ook nie net dié probleme oorbrug nie, maar sy skeertuig moes ook mooi vertoon as ‘n persoonlike watervoertuig. Om dít te kon regkry, het hy die vervaardiging van die  spesialis-veselglaskonstruksie uitgekontrakteer aan topkwaliteit-bootvervaardigers.  Die eerste voertuie was in September 2002 gereed om vertoon te word op Southampton  se Internasionale Bootskou, en was onmiddellik ‘n treffer.  Televisisiefirmas het tougestaan  om onderhoude te voer en die Hov Pod te toetsbestuur, en honderde mense wou almal saamry. Die populêrste tydskrifte en die nasionale koerante het artikels oor die Hov Pod geplaas, en filmvervaardigers wou dit in wetenskapfiksie- en avontuurfliks gebruik.  TV-regte is wêreldwyd gesindikeer


Reaction International Ltd bou tans ‘n internasionale handelaarsnetwerk om verkope te genereer en tegniese ondersteuning te bied, en bestellings is ontvang uit lande soos Australië, Suid-Afrika, en die Midde-Ooste.  Die Hov Pod bewys weereens dat, as ‘n mens ‘n nuwe produk kan ontwerp wat in ‘n nismark inpas, die wêreld aan jou deur sal kom klop. Dit is dan ook duidelik uit die groeiende getal bestellings.  

Kontak ons gerus om uit te vind wie u plaaslike handelaar is. (Neem asb in aanmerking dat ons personeel in Engeland en Amerika nie Afrikaans verstaan nie)

 

 

 


Report Content · · Web Hosting · Blog · Guestbooks · Message Forums · Mailing Lists
Easiest Website Builder ever! · Build your own toolbar · Free Talking Character · Email Marketing
powered by a free webtools company bravenet.com